Die Stem
Uit die blou van onse hemel uit die diepte van ons see
Oor ons ewige gebergtes waar die kranse antwoord gee
Deur ons ver verlate vlaktes met die kreun van ossewa
Ruis die stem van ons geliefde van ons land Suid-Afrika
Ons sal antwoord op jou roepstem, ons sal offer wat jy vra
Ons sal lewe, ons sal sterwe
Ons vir jou Suid-Afrika