Dis Hoe Dit Is

Die Suiderkruis se lang hand wys die spoor waarna ek moet gaan
Die stasies leeg en ek oorweeg om altyd by jou te staan
Die sterre sê anders ons het verander en jy's geleen
Jou trane sal weg huil my hart sal jy ruil vir 'n sterker een

Ek vra jou meer as jy wil gee en meer as wat jy wil hê
'n Glas vol wyn laat als verdwyn maar môre sal jy moet sê

Ons staan en oorweeg dit maar ek en jy weet dit is lank te laat
Ons huil en ons vrees dit maar ek en jy weet dis die beste raad
Mmm, skud nou my hand soos 'n vriend
Gee my maar wat ek verdien

Dis hoe dit is daar's 'n ster vir die wat wag

Dis hoe dit is in die wêreld
Mmm dis hoe dit is in die wêreld
Mmm ja, dis hoe dit is in die wêreld
Mmm skitterlig vir my en jou wie soos ons sal leer onthou, elke ster vertel sy storie van 'n nag
'n Nag soos die

Dis hoe dit is in ons wêreld
Dis hoe dit is in my hart

Gister was n droom verpas en nou staan ons twee alleen
Jy vra vir wie pak ek my tas en waarheen gaan ons twee heen

Maar die antwoord's eenvoudig niemand kom gou terug na nêrens nie
Ons paaie loop dood saam dis nie so vreemd aan ons wêreld nie
Mmm skud nou my hand soos 'n vriend
Gee my maar wat ek verdien

Dis hoe dit is daar's 'n ster vir die wat wag

Dis hoe dit is in die wêreld
Mmm, dis hoe dit is in die wêreld
Mmm ja, dis hoe dit is in die wêreld
Mmm, skitterlig vir my en jou wie soos ons sal leer onthou elke ster vertel sy storie van 'n nag
'n Nag soos die

Dis hoe dit is in die wêreld
Dis hoe dit is in my hart

Dis hoe dit is in die wêreld
Mmm ja, dis hoe dit is in die wêreld

Kyk maar, dis hoe dit is in die wêreld
Mmm ja
(Dis hoe dit is in die wêreld) Dis hoe dit is
(Dis hoe dit is in die wêreld) Ja, dis hoe dit is
(Dis hoe dit is in die wêreld)
Dis hoe dit is in die wêreld

Dis hoe dit is in die wêreld, ja
(Dis hoe dit is in die wêreld) Dis hoe dit is in die wêreld
(Dis hoe dit is in die wêreld)
Dis hoe dit is in die wêreld, mmm

(Dis hoe dit is in die wêreld)

Curiosités sur la chanson Dis Hoe Dit Is de Steve Hofmeyr

Quand la chanson “Dis Hoe Dit Is” a-t-elle été lancée par Steve Hofmeyr?
La chanson Dis Hoe Dit Is a été lancée en 2006, sur l’album “Grootste Platinum Treffers”.

Chansons les plus populaires [artist_preposition] Steve Hofmeyr

Autres artistes de Middle of the Road (MOR)