Pampoen [Live]
Sing
Sing jou woorde teen my vas
Bring
Jou hele lewe in 'n tas
Vat die trein na Bloemfontein en die 506 na Petrus Steyn
En as jy wil
Vat daar 'n bicycle
Volg
Volg die grondpad teen die bult
Hol
Oor die velde as jy wil
Hier wag ek die jare om vir 'n stofwolk op die horison of iets soortgelyk
Wat soos jy lyk
Ek dog 'n vrot pampoen en 'n stukkende skoen, en 'n trekker wat se tyres lek
Vir alles wat ek aan jou gedoen het, kom jy by my intrek
Ek dog 'n vrot pampoen en 'n stukkende skoen (En 'n plaas wat ek afbetaal)
(Vir alles wat ek aan jou gedoen het, kom jy om my te haal)
Jou liefde vir
As jy kom, los haar net
(Want hier's net plek) Vir drie van ons
Dis ek en jy en 'n af-oorhond, sy naam is Roof
Maar hy's al jare doof
Bring
Bring daai goedjies wat jou pla
En ek
Maak 'n ring van ogiesdraad
Ek spaar nog vir die diamant en 'n donkiekar vir die predikant, sal moet blomme leen
Tot dit eendag (Reën)
Ek dog 'n (Vrot pampoen en 'n stukkende skoen en 'n trekker wat se tyres lek)
(Vir alles wat ek aan jou gedoen het, kom jy by my intrek)
Ek dog 'n vrot pampoen en 'n plaas ('n Stukkende skoen en 'n plaas wat ek afbetaal)
Vir alles wat ek aan jou gedoen het, kom jy (Om my te haal)
Ek dog 'n en 'n stukkende skoen en 'n trekker wat se tyres lek
Vir alles wat ek aan jou gedoen het, kom jy by my intrek
Ek dog 'n vrot pampoen en 'n stukkende skoen en 'n plaas wat ek afbetaal
Vir alles wat ek aan jou gedoen het, kom jy om my te haal
Ek dog 'n vrot (Pampoen en 'n stukkende skoen en 'n plaas wat ek afbetaal)
(Vir alles wat ek aan jou gedoen het, kom jy om my te haal)
(Kom jy om my te haal)
Kom jy om my te haal