Sit Die Ligte Aan

(Sit die ligte aan)

Jy sê jy's klaar met liefde en met omgee
Jy sê dit vat die beste uit jou uit
Jy het als gegee wat jy gehad het
Is jou eensaamheid 'n feit

Dit hang nog in die skadus van jou woorde
Dit lui nog soos die klokke in die nag
Dit speel nog in die hoeke van jou oë
In jou kuiltjie as jy lag

Dan land daar 'n engel
En als wat jy dink jy geweet het is verkeerd

Sit die ligte aan op jou aanloopbaan want 'n engel soek 'n plek om in jou hart te land
Sit die ligte aan op jou aanloopbaan want 'n engel soek 'n plek om te land
Sit dit aan

Jy sê jy knip jou telefoon se drade
Jy wil net alles uit jou lewe vee
Want wie sal weet wat in jou hart gebeur het
As jy onder water skree

Gee my kans om jou weer te bereik
Gee my kans om jou weer terug te bring
Laat my net my arms om jou toesluit
Dat jy weer oor liefde sing

Dan land daar 'n engel
En als wat jy dink jy geweet het is verkeerd

Sit die ligte aan op jou aanloopbaan want 'n engel soek 'n plek om in jou hart te land
Sit die ligte aan op jou aanloopbaan want 'n engel soek 'n plek om te land
Sit dit aan

Sit dit aan
Sit dit aan (Sit die ligte aan)

Sit die ligte aan op jou aanloopbaan want 'n engel soek 'n plek om in jou hart te land
Sit die ligte aan op jou aanloopbaan want 'n engel soek 'n plek om te land
Sit dit aan

Sit dit aan
Sit dit aan

Chansons les plus populaires [artist_preposition] Steve Hofmeyr

Autres artistes de Middle of the Road (MOR)