Stille Rivierstroom

Jou huis is waar jou hart is
My hart is leeg geween
Vandat sy verdwyn het
Wandel ek oral alleen

Sing o somerbriese
Jou weemoeds lied weer mooi
Saam met die lowerstruike
Sing my 'n hemelsekoor

Liefde liefde is 'n stille rivierstroom wat vloei deur ons woestynland
Droog die rivier weg sal al die klein vissies sterf

Ek stap deur stille strate
Die eggos maak my seer
My hart is soos my hande
Soekend maar bly altyd leeg

Woestyne kan my nie keer nie
Ek baan deur storms my weg
Ek sal die rivier weer terugvind
Voor die klein vissies sterf

Liefde liefde is 'n stille rivierstroom wat vloei deur ons woestynland
Droog die rivier weg sal al die klein vissies sterf

Liefde liefde is 'n stille rivierstroom wat vloei deur ons woestynland
Droog die rivier weg sal al die klein vissies sterf

Chansons les plus populaires [artist_preposition] Steve Hofmeyr

Autres artistes de Middle of the Road (MOR)