Na Dit Als

Na dit als is ek bly jy is hier by my want dit is waar jy hoort
Na dit als kan ek jou in my arms vou ek gee vir jou my woord
Soos vinkel en koljander voltooi jou hart die ander deel van my

Dit is die laaste strooi wat jou rug finaal kan breek
Dit is die jakkalsies wat die vure aan kan steek
Maar dit is nie wat ek bedoel het nie

Dit is die eerste seer wat jy altyd sal berou
'n Berg 'n molshoop maak maar die aap is uit die mou
Maar dit is nie wat jy bedoel het nie

Na dit als is ek bly jy is hier by my want dit is waar jy hoort
Na dit als kan ek jou in my arms vou ek gee vir jou my woord
Soos vinkel en koljander voltooi jou hart die ander deel van my

Na dit als kan ons lag is ons liefde sterker ons kan aanhou glo
Na dit als voel ek weer hoe die lewe sin maak liefde gaan nooit dood
Soos vinkel en koljander voltooi jou hart die ander deel van my

'n Nuwe blaadjie om al ons voute weg te steek
Dis 'n geslote boek waar ons harte stukkend breek
Maar dit is nie wat ek bedoel het nie

'n Ander man se brief is moeilik om te lees
Op heterdaad betrap dis 'n doring in die vlees
Maar dit is nie wat jy bedoel het nie

Na dit als is ek bly jy is hier by my want dit is waar jy hoort
Na dit als kan ek jou in my arms vou ek gee vir jou my woord
Soos vinkel en koljander voltooi jou hart die ander deel van my

Na dit als kan ons lag is ons liefde sterker ons kan aanhou glo
Na dit als voel ek weer hoe die lewe sin maak liefde gaan nooit dood (Liefde gaan nooit dood)

Bloed kan kruip waar dit nie kan loop as daar liefde is is daar altyd hoop
Stille waters of diepe grond met jou hier by my sal ons bo uitkom
Sal ons altyd bo uitkom

Na dit als is ek bly jy is hier by my want dit is waar jy hoort
Na dit als kan ek jou in my arms vou ek gee vir jou my woord
Soos vinkel en koljander voltooi jou hart die ander deel van my (Deel van my)

Na dit als kan ons lag is ons liefde sterker ons kan aanhou glo
Na dit als voel ek weer hoe die lewe sin maak liefde gaan nooit dood (Liefde gaan nooit dood)
Soos vinkel en koljander voltooi jou hart die ander deel van my

Chansons les plus populaires [artist_preposition] 4Werke

Autres artistes de Middle of the Road (MOR)