Wie Sou Kon Se

Ek val op een knie voor jou neer
Jy het my hart net een nag gesteel
Eendag op 'n slag ek kan nie meer wag
Om my lewe met jou te deel

Met jou in my hart kan ek sien
Ware liefde wat ons verdien
Met jou in my lewe kan liefde weer straal
In ons eie sprokies verhaal

Wie sou kon sê dat ons bymekaar behoort
Dat my lewe verander net met een woord?
Wie sou sê dat jy in my hart sal bly lê?

Wie sou kon sê dat ons harte soos waarheid sal pas
Dat ons drome mekaar elke dag sal verras?
Wie sou sê dat jy in my droom sal bly lê?
Wie sou kon sê?

Ware liefde kom net een keer (Dit kom net een keer)
Dit val onverwags voor jou neer
Wanneer al jou drome beantwoord word
En jou hart verloor alle beheer

Wie sou kon sê dat ons bymekaar behoort
Dat my lewe verander net met een woord?
Wie sou sê dat jy in my hart sal bly lê? (Dis waar ek wil lê)

Wie sou kon sê dat ons harte soos waarheid sal pas
Dat ons drome mekaar elke dag sal verras?
Wie sou sê dat jy in my droom sal bly lê?
Wie sou kon sê?

Elke stukkie van my lewe kom nou bymekaar
Alles waarvoor ek wens en alles wat ek vra (Alles wat ek vra)
Soos die stilte na 'n storm het my hart bedaar
En my hartstraal weer helder want jy het my kom haal

Wie sou kon sê dat ons bymekaar behoort
Dat my lewe verander net met een woord?
Wie sou sê dat jy in my hart sal bly lê?

Wie sou kon sê dat ons harte soos waarheid sal pas
Dat ons drome mekaar elke dag sal verras?
Wie sou sê dat jy in my droom sal bly lê?
Wie sou kon sê?
Wie sou kon sê?

Chansons les plus populaires [artist_preposition] 4Werke

Autres artistes de Middle of the Road (MOR)