Roete Na Jou Hart

Sal die roete na jou hart
Vir my korter raak?
Dit bly ‘n vreemde pad

Waar sal, waar sal ek jou vind?
In ‘n wêreldwyd na al hierdie tyd
Maar ek, ek bly nog hoop kry

Kan jy my kry op die lang pad?
In die Groot Karoo met die maan daar bo wat skyn?
Hou my naby en wys jou hart vir my

Sal jy my met jou saam vat?
Op die vreemde strate van ‘n nuwe stad?
En my naam roep en my hart joune maak?

Nou, is die einde in sig
Die reis is verby
Ek het die roete na jou hart gekry

In stilte
Roep ek jou naam tot jy rigting vind
En eendag langs my staan

Jou woorde, jou woorde broei in my
En die boodskap bly al gaan die dae verby
Sal dit, sal dit wel kan sin maak

Kan jy my kry op die lang pad?
In die Groot Karoo met die maan daar bo wat skyn?
Hou my naby en wys jou hart vir my

Sal jy my met jou saam vat?
Op die vreemde strate van ‘n nuwe stad?
En my naam roep en my hart joune maak?

Nou, is die einde in sig
Die reis is verby
Ek het die roete na jou hart gekry

As die dae tot stof vergaan
Uurglas leeg bly staan

Kan jy my kry op die lang pad?
In die Groot Karoo met die maan daar bo wat skyn?
Hou my naby en wys jou hart vir my

Sal jy my met jou saam vat?
Op die vreemde strate van ‘n nuwe stad?
En my naam roep en my hart joune maak?

Nou is die einde in sig die reis is verby
Ek het die roete na jou hart gekry
Ek het die roete na jou hart gekry

Chansons les plus populaires [artist_preposition] 4Werke

Autres artistes de Middle of the Road (MOR)