Kinders van die wind
Ek ken 'n ou, ou liedjie
Van lewenswel en weë
Van lank-vergane skepe in, die kelders van die see
Die woorde is vergete
En tog die deuntjie draal
Soos vaag-bekende grepies in 'n baie ou verhaal
Van swerwers sonder rigting
Van soekers wat nooit vind
En eindelik was almal maar, net kinders van die wind
Gesigte, drome, name
Is deur die wind verwaai
En waarheen daardie woorde is, sou net 'n kind kon raai
Van swerwers sonder rigting
Van soekers wat nooit vind
En eindelik was almal maar, net kinders van die wind
Ja, eindelik was almal maar, net kinders van die wind
Ja, eindelik was almal maar, net kinders van die wind
Net kinders van die wind