Stilte

Gee my die vlaktes so rein en so wit
Gee my die veld in sy oneindigheid
Gee my die lang pad wat voor my uit staar
Gee my die kos wat my siel laat bedaar

Jy weet waar jou hulp vandaan kom
Kyk op verder as die son dis

Waar alles begin en waar alles sal eindig
Dis altyd heerlik die stilte die stilte
Fluister die waarheid dis in my gemoed
Die antwoorde bly in die stilte die stilte in my

Gee my die see in sy rustige wag
Gee my die maan soos hy hang in die nag
Gee my die kraanse wat antwoorde gee
Die wind wat geraas van die aarde verteer

Jy weet waar jou hulp vandaan kom
Kyk op verder as die son dis

Waar alles begin en waar alles sal eindig
Dis altyd heerlik die stilte die stilte
Fluister die waarheid dis in my gemoed
Die antwoorde bly in die stilte die stilte in my

In stilte is vrede is rustigheid in my gemoed
My stilte my anker kyk op verder as die son dis

Waar alles begin en waar alles sal eindig
Dis altyd heerlik die stilte die stilte
Fluister die waarheid dis in my gemoed
Die antwoorde bly in die stilte die stilte

Waar alles begin en waar alles sal eindig
Dis altyd heerlik die stilte die stilte
Fluister die waarheid dis in my gemoed
Die antwoorde bly in die stilte die stilte in my
Die stilte die stilte in my

Curiosités sur la chanson Stilte de Andriette

Quand la chanson “Stilte” a-t-elle été lancée par Andriette?
La chanson Stilte a été lancée en 2020, sur l’album “Hartsland”.

Chansons les plus populaires [artist_preposition] Andriette

Autres artistes de Middle of the Road (MOR)