Swart Sambrele
Ek en jy
Jy praat nie meer oor ons nie
Daar is skaduwees waar ek jou hart kon kry
Hier en nou
Jy praat nie oor vandag nie
Daar is vensters vol beloftes wat hier bly
Ek soek jou ware liefde
Maar die liefdesreën betoog
En die lande van ons liefde bly droog
As liefde reën was
En jy geweet het dat net ek die een was
Dan sou jy geweet het
Dat die reën ook net vir ons geleen was so hou my vas
Ek weet jy wil, dalk wonder jy te veel
Die swart sambrele van jou twyfel het die reën by ons gesteel
Wag vir my
Die son is nie genoeg nie
Sonder spore kan ek nie jou liefde vind
Gee vir my
Die woorde in jou drome
Waarin elke droom met net my naam begin
Ek soek jou ware liefde
Maar die liefdesreën betoog
En die lande van ons liefde bly droog
As liefde reën was
En jy geweet het dat net ek die een was
Dan sou jy geweet het
Dat die reën ook net vir ons geleen was so hou my vas
Ek weet jy wil, dalk wonder jy te veel
Die swart sambrele van jou twyfel het die reën by ons gesteel
Al die water in die hemel
Sal vir ewig in my reën
En hier staan ek alleen
As liefde reën was
En jy geweet het dat net ek die een was
Dan sou jy geweet het
Dat die reën ook net vir ons geleen was so hou my vas
Ek weet jy wil, dalk wonder jy te veel
Die swart sambrele van jou liefde het die reën by ons gesteel
Die swart sambrele van jou liefde het die reën by ons gesteel