Bly My By

Jy wat kaalvoet grootgeword het
In ‘n vreemde plek weg van my
Jy wat seerlyf weggeloop het
Na ‘n wêreld naby my
Ek vra jou

Bly by my
En neem my hart vir jou
Ja ek vra
Bly by my
Sodat ek jou heel kan maak

Jy wat binnein gekneus is
En die seer wat jy saamdra in jou oë
Jy wat stukkend en gebreek is
Met hande uitgedroog en seer
Ek vra jou

Bly by my
En neem my hart vir jou
Ja ek vra
Bly by my
Sodat ek jou heel kan maak

Jy wat in ysig koue winter
Onder ‘n strooikaros moes slaap
Jy wat toe seerlyf weggeloop het
Na nêrens maar tog na my
Ek vra jou

Bly by my
En neem my hart vir jou
Ja ek vra
Bly by my
Sodat ek jou heel kan maak

Bly by my
En neem my hart vir jou
Ja ek vra
Bly by my
Sodat ek jou heel kan maak

Chansons les plus populaires [artist_preposition] Anneli Van Rooyen

Autres artistes de Afrikaans