Laat Die Kinders Kom

‘n Skare het saamgedrom
Mense wat met kindertjies
Na Jesus toe wou kom
Dat Hy aan hul kan raak

Gaan weg het die dissipels die mense probeer keer
Maar Jesus sien dit raak

Laat die kinders kom
Laat die kinders na My toe kom
Want My Vader se Koninkryk is juis vir dié wat soos ‘n kind na My toe kom
Moenie die kinders keer nie

Vandag se kind het vrae
Oor Jesus in ‘n prentjieboek
Hy soek by jou en my
Die waarheid oor wie God werklik is

Maar te dikwels moet hy struikel oor ons lewens en ons leuens
En Jesus sien dit raak

Laat die kinders kom
Laat die kinders na My toe kom
Want My Vader se Koninkryk is juis vir dié wat soos ‘n kind na My toe kom
Moenie die kinders keer nie

Laat die kinders kom
Laat al wat kind is na My toe kom
Want My Vader se Koninkryk is juis vir jul wat soos ‘n kind na My toe kom
En Ek sal jou nooit keer nie
Kom

Chansons les plus populaires [artist_preposition] Anneli Van Rooyen

Autres artistes de Afrikaans