Tweede Kans

ANNELI VAN ROOYEN, R MAINEGRA, S DORFF

Is daar ‘n tweede kans nog net een keer vir weer probeer?
Jy’s ingeprent in my sal my hart se voorblad bly
Is daar ‘n tweede kans ‘n tweede keer vir weer probeer?
Jy is my hart banier wat ewig duur

Die boekrak van my lewe wat verwaarloos een kant staan
Dra swaar aan die herinnerings van ons twee se jare saam
Daar’s boeke vol van liefde wat diep hier binne brand
Daar’s boeke vol van lig en lag ook ‘n boek van misverstand

Ek moes met jou gepraat het
Bedoelings was verbloem
Ek ken jou wêreld en myne
Ek weet ons kan dit doen

Is daar ‘n tweede kans nog net een keer vir weer probeer?
Jy’s ingeprent in my sal my hart se voorblad bly
Is daar ‘n tweede kans ‘n tweede keer vir weer probeer?
Jy is my hart banier wat ewig duur

My biblioteek van gange tot in kamers van my hart
Het leeg geword van stilte die eggos koud en swart
Ek wil kleur en lewe oplees ‘n verhaling van jou oë
Die lank bekende stories op nuut en altyd glo

Ek moes met jou gepraat het
Bedoelings was verbloem
Ek ken jou wêreld en myne
Ek weet ons kan dit doen

Is daar ‘n tweede kans nog net een keer vir weer probeer?
Jy’s ingeprent in my sal my hart se voorblad bly
Is daar ‘n tweede kans ‘n tweede keer vir weer probeer?
Jy is my hart banier wat ewig duur

Is daar ‘n tweede kans ‘n tweede keer vir weer probeer?
Jy is my hart banier wat ewig duur

Curiosités sur la chanson Tweede Kans de Anneli Van Rooyen

Qui a composé la chanson “Tweede Kans” de Anneli Van Rooyen?
La chanson “Tweede Kans” de Anneli Van Rooyen a été composée par ANNELI VAN ROOYEN, R MAINEGRA, S DORFF.

Chansons les plus populaires [artist_preposition] Anneli Van Rooyen

Autres artistes de Afrikaans