Boekies Lees

ESTIE GRIESEL

Boekies lees, boekies lees, is mos groot vet pret
Op die mat, in die bad, snoesig in die bed
Boekies lees, boekies lees, doen dit elke dag
Lê op jou rug, lees in die lug met kussings lekker sag

Boeke help jou om slim te wees, so lees dit baie keer
Ma wys woorde met haar vinger so kan jy dit leer
Daar is allerhande sorte boeke, meer en meer
Boeke groot en klein ja, daars 'n boek in elke kleur

Storie boeke, prentjie boeke, ensiklopedie
Boekies van karton of lap, plastiek of van papier
Storie boeke, prentjie boeke, ensiklopedie
Boekies van karton of lap, plastiek of van papier

Storie boeke neem jou na 'n ander wêreld saam
Op 'n blaartjie in die see, die woud of na die maan
Soms is jy 'n hasie, selfs 'n koning of 'n tier
Stories vat jou op die wonderlikste avontuur

Hans en Grietjie, Gouelokkies, en Die Drie Beertjies
Rooikappie, Die Sewe Dwergies en Sneeuwytjie
Hans en Grietjie, Gouelokkies, en Die Drie Beertjies
Rooikappie, Die Sewe Dwergies en Sneeuwytjie

Boekies lees, boekies lees, is mos groot vet pret
Op die mat, in die bad, snoesig in die bed
Boekies lees, boekies lees, doen dit elke dag
Lê op jou rug, lees in die lug met kussings lekker sag

Lê op jou rug, lees in die lug met kussings lekker sag

Curiosités sur la chanson Boekies Lees de Carike Keuzenkamp

Quand la chanson “Boekies Lees” a-t-elle été lancée par Carike Keuzenkamp?
La chanson Boekies Lees a été lancée en 2009, sur l’album “Carike & Ghoempie Kuier Saam Met Ghoeghoe In Kinderland 6”.
Qui a composé la chanson “Boekies Lees” de Carike Keuzenkamp?
La chanson “Boekies Lees” de Carike Keuzenkamp a été composée par ESTIE GRIESEL.

Chansons les plus populaires [artist_preposition] Carike Keuzenkamp

Autres artistes de Middle of the Road (MOR)