Kimberley Se Trein

ANTON GOOSEN

In Kimberley van toeka loop 'n geel geverfde wa
Wat die mense van die groot gat na die middestad toe dra

Ding-dong, ding-dong die Kimberley se trem
Die Kimberley se trem wat op sy ysterspore rem

Die Kimberley se trem het my hart ook gewen

Die wind waai oor die skraal veld, oor die hart van Griekwaland
Die blinkste diamant lê waar die son die rûe brand
By die omgekeerde miershoop wat diep in die aarde sink

Dit was 'n spinnerak van toue en die manne was van staal
Harde delwers manne om die blink klip uit te haal
En Kimberley se blink het oor die wêreld gewink

Ding-dong, ding-dong die Kimberley se trem
Die Kimberley se trem wat op sy ysterspore rem
Ding-dong, ding-dong die Kimberley se trem
Die Kimberley se trem het my hart ook gewen

Optel goed is hou goed het daai eerste ou gesê
Toe die Hopetown diamant so in sy skurwe hande lê
En min het hy geweet wat in die toekoms jare lê

Barney Barnato, Cecil Rhodes en Robinson
Van sinkhuis tot paleis, ja die wins was hulle sin
Maar die geel geverfde trem het nog die heel laaste sê

Ding-dong, ding-dong die Kimberley se trem
Die Kimberley se trem wat op sy ysterspore rem
Ding-dong, ding-dong die Kimberley se trem
Die Kimberley se trem het my hart ook gewen

(Hy gaan groot gat toe)
(Die geel geverfde wa, ja hy jaag stad toe)
(Die geel geverfde wa)

Ding-dong, ding-dong die Kimberley se trem
Die Kimberley se trem wat op sy ysterspore rem
Ding-dong, ding-dong die Kimberley se trem
Die Kimberley se trem het my hart ook gewen

Ding-dong, ding-dong die Kimberley se trem
Die Kimberley se trem wat op sy ysterspore rem
Ding-dong, ding-dong die Kimberley se trem
Die Kimberley se trem het my hart ook gewen

Curiosités sur la chanson Kimberley Se Trein de Carike Keuzenkamp

Quand la chanson “Kimberley Se Trein” a-t-elle été lancée par Carike Keuzenkamp?
La chanson Kimberley Se Trein a été lancée en 2009, sur l’album “Ek Sing”.
Qui a composé la chanson “Kimberley Se Trein” de Carike Keuzenkamp?
La chanson “Kimberley Se Trein” de Carike Keuzenkamp a été composée par ANTON GOOSEN.

Chansons les plus populaires [artist_preposition] Carike Keuzenkamp

Autres artistes de Middle of the Road (MOR)