Dis 'N Land

Johan Stemmet

Daar's 'n land aan suiderkant, kom deel in sy verhale
Uit die ooste, weste, noorde, suide, toegebring
Dis 'n land met wilde hand wat uitreik telkemale
Om die hoop van more te besing

Dis 'n land van kleure en klank
Dis 'n land van oorvloed en dank
Dis 'n land waar almal na strewe

Dis 'n land sonder horison en
Dis 'n land wat weet hy kan
Ook 'n blyplek neerlê vir my

Daar's 'n land waar kerse brand in vele mense tale
En ek weet die land is net vir my en jou bedoel
Dis 'n land vol drome en toekoms ideale
Laat die mooi van môre oor jou spoel

Dis 'n land van kleure en klank
Dis 'n land van oorvloed en dank
Dis 'n land waar almal na strewe

Dis 'n land sonder horison en
Dis 'n land wat weet hy kan
Ook 'n blyplek neerlê vir my

Watter man wat sy kind verstaan sal hom verlaat om alleen op sy weg te gaan?
Hierdie land bied almal 'n lewe

Watter vrou sal haar kind vermaan as daar vir hom ook 'n plek in die son bestaan?
Hierdie land bied almal sy deel

Daar's 'n land wat nooit verpant sy kosbaarste besitting
Vele mense, volke wat sy lewensdraad sal bly
Dis 'n land wat koers kan hou, gee jy maar net die rigting
Van die môre ook vir jou en my

Dis 'n land van kleure en klank
Dis 'n land van oorvloed en dank
Dis 'n land waar almal na strewe

Dis 'n land sonder horison en
Dis 'n land wat weet hy kan
Ook 'n blyplek neerlê vir my

Watter man wat sy kind verstaan sal hom verlaat om alleen op sy weg te gaan?
Hierdie land bied almal 'n lewe

Watter vrou sal haar kind vermaan as daar vir hom ook 'n plek in die son bestaan?
Hierdie land bied almal sy deel

Watter man wat sy kind verstaan sal hom verlaat om alleen op sy weg te gaan?
Hierdie land bied almal 'n lewe

Watter vrou sal haar kind vermaan as daar vir hom ook 'n plek in die son bestaan?
Hierdie land bied almal sy deel

Watter vrou sal haar kind vermaan as daar vir hom ook 'n plek in die son bestaan?
Hierdie land bied almal sy deel

Curiosités sur la chanson Dis 'N Land de Carike Keuzenkamp

Quand la chanson “Dis 'N Land” a-t-elle été lancée par Carike Keuzenkamp?
La chanson Dis 'N Land a été lancée en 2009, sur l’album “Ek Sing”.
Qui a composé la chanson “Dis 'N Land” de Carike Keuzenkamp?
La chanson “Dis 'N Land” de Carike Keuzenkamp a été composée par Johan Stemmet.

Chansons les plus populaires [artist_preposition] Carike Keuzenkamp

Autres artistes de Middle of the Road (MOR)