Ek En Jy

Ek en jy (Ek en jy)
Ek en jy (Ek en jy)

My karretjie mag maar raas
Ek kry moeilikheid by my baas
Maar niks is vir my te erg
Want ek het vir jou (Want ek het vir jou)

My sak is maar altyd plat
Ek kan jou nie Parys toe vat nie
Maar alles van dit gaan weg
Want ek het vir jou

En as ons deur die strate ry kan net mooi niks ons onder kry
Want met jou met hand in myne staan die wêreld eers op sy
Ek raak so ongelooflik warm met jou lyf onder my arm
Dat die brandweer se alarm nou lui

Ek en jy
Ja met jou by my
Staan die tyd stil en die liefde raak al meer

Ons twee saam in 'n foto raam
Lyk net beter elke dag
Het al lank hiervoor gewag
Dis van hier af altyd ek en jy

Ja wanneer die maanlig kom
Met altwee my arms om jou
Vertel jy my jy’t my lief
En ekke vir jou (En ekke vir jou)

En elke keer as ons soen
Weet ek nie wat om te doen nie
My hart klop al hoe vinniger my self beheer raak minder soos nou

En as ons deur die strate ry kan net mooi niks ons onder kry
Want met jou hand in myne staan die wêreld eers opsy
Ek raak so ongelooflike warm met jou lyf onder my arm
Dat die brandweer se alarm nou lui

Ek en jy
Ja met jou by my
Staan die tyd stil en die liefde raak al meer

Ons twee saam in 'n foto raam
Lyk net beter elke dag
Het al lank hiervoor gewag
Dis van hier af altyd ek en jy

Honderd duisend mane nag
24 ure elke dag
52 weke in die jaar
Soek ek jou net altyd daar

Vir ewig en vir altyd is dit
Ek en jy
Ja met jou by my
Staan die tyd stil en die liefde raak al meer

Ons twee saam in ‘n foto raam
Lyk net beter elke dag
Het al lank hiervoor gewag
Dis van hieraf altyd ek en jy
Dis van hieraf altyd ek en jy

Chansons les plus populaires [artist_preposition] Dewald Louw

Autres artistes de Middle of the Road (MOR)