Hoe Kon Jy
My kitaar is vas vanaand
My gemoed lê op my boonste snaar
Ek wil ‘n song skryf
Maar geen woorde inspireer my soos jy nie
Ek rus my oë net gou
Maak dan koffie om die nag te troos
Gaan sit op my balkon
Maar geen sterre inspireer my soos jy nie
Hoe kan ek beskryf
Hoe ek oor jou voel?
Hoe kan ek oorleef sonder jou?
Hoe kan jy net loop
En nie terugkyk nie?
Hoe kan jy aanvaar
Dat ek oor jou gaan kom?
Hoe kan jy net lieg?
Jy was lief vir my
Hoe kan ek vergeet van jou?
My koffie raak al koud
Want jou lee beloftes maak my naar
Ek sug vir oulaas
Want ek weet daar is geen kans
Vir jou en my nie
Hoe kan jy my soen
En my naam uitvee?
Hoe kan jy my vra
Om vergifnis te gee?
Hoe kan jy net loop
En nie terugkyk nie?
Hoe kan jy aanvaar
Dat ek oor jou gaan kom?
Hoe kan jy net lieg?
Jy was lief vir my
Hoe kan ek vergeet van jou?
Hoe kan jy net loop?
Hoe kon jy nie terugkyk nie?
Hoe kan jy aanvaar
Dat ek oor jou gaan kom?
Hoe kan jy net lieg?
Hoe was jy dan lief vir my?
Hoe kan ek vergeet van jou?
Van jou
Van jou