Ek Mis Jou So

Die grys reën stroom soos trane teen die ruit
Dis of die hele Hemel om my huil
Ek voel net so mistroostig, soos die weer
Ek mis jou so, ek mis jou meer en meer

Ek ken 'n beter tyd van jy en ek
Van daardie eerste tot die laaste blink
Ek sien jou nou nog so verslae staan
Toe ek jou vertel het dat ek weg moes gaan

Ek mis jou so ek mis jou meer en meer
Ek sien jou in my drome keer op keer
Wie sê my hoe en waar sien ek jou weer
Ek mis jou so ek mis jou meer en meer

Ek kan myself selfs nou nog skaars verstaan
Hoe kon ek ooit dink dat ons liefde taan
Besef nou dat die antwoord in my lê
Begryp nou wat my hart so lank reeds sê

Ek mis jou so ek mis jou meer en meer
Ek sien jou in my drome keer op keer
Wie sê my hoe en waar sien ek jou weer (Sien ek jou weer)
Ek mis jou so ek mis jou meer en meer, whoa

Sien ek jou weer

O, ek mis jou so ek mis jou meer en meer
Ek sien jou in my drome keer op keer op, wie sê my hoe en waar sien ek jou weer (Sien ek jou weer)
Ek mis jou so ek mis jou meer en meer

Wie sê my hoe en waar sien ek jou weer
Ek mis jou so, ek mis jou meer en meer, whoa
Meer en meer

Chansons les plus populaires [artist_preposition] Dewald Louw

Autres artistes de Middle of the Road (MOR)