Bye Bye My Darling [Live]

Op sy plaas by die Krokodilrivier
Het hy die tyding gekry
Dis oorlog burgers elke man
Moet opsaal en ry
Maar't ek weet ons wou trou
Maar ek moet op kommando gaan

Bye bye my darling
It's time to go
Nou bly jy hier
Alleen met die hartseer maan

En uit die armbuurte van Liverpool
Het die rooibaadjies tou gestaan
Kom veg in Afrika
Vir julle koning se naam
En groet maar julle mense
Want hulle sien julle nie gou

Bye bye my darling
It's time to go
Hey ho hey ho boys it's a jolly good show

Dis bitter baie bose wat waai vanaand
Oor die grafte wat in die Hoëveld staan
Skuilplek vir 'n kampkind
Of dalk 'n rebel
Ek wonder wat die wind vertel

Bye bye my darling
It's time to go

In 1975
Het die Yankees ons mislei
Vinnig in Angola in
En toe te lank gebly
Kinders gevoer vir die groot geld hoer
Die aasvoëls bak en brou

Bye bye my darling
It's time to go
Klein bliksoldaatjie
Waar is jy nou

Vertel my van Daljosafat waar die helder water loop
Vertel my van Suid-Afrika met bloed en met vuur gedoop
Vertel my dan van die liefde tussen 'n man en 'n vrou

Bye bye my darling
It's time to go
Bye bye my darling
It's time to go

Curiosités sur la chanson Bye Bye My Darling [Live] de Piet Botha

Quand la chanson “Bye Bye My Darling [Live]” a-t-elle été lancée par Piet Botha?
La chanson Bye Bye My Darling [Live] a été lancée en 2003, sur l’album “Live at the Nile”.

Chansons les plus populaires [artist_preposition] Piet Botha

Autres artistes de