Donkermaan

Nou kyk daar is geen verskoning
Vir alles wat ons doen
Doen ons maar net
Om iets van die hemel te proe
Sondaarsirkel en brandewynstraat
Dis baie waar, veral vanaand


Chorus:
Maar vir jou sal ek nooit vergeet
Al woon jy nou
In 'n huis vol spoke en geeste
In 'n wit paleis
Mense met spierwit klere
Vir jou medisyne bring
Vergeet van gister, te naby
Aan die donkermaan


Nou kyk daar is geen verweer
Geen vals eis, alles wat ons begeer
Was maar altyd net 'n kamer met son
In 'n groot grys gebou


Chorus


Cathy kom nooit weer huistoe
Miskien net vir krismis of nuwejaar
Moenie so baie praat nie
Slaan daai kitaar


Chorus

Curiosités sur la chanson Donkermaan de Piet Botha

Sur quels albums la chanson “Donkermaan” a-t-elle été lancée par Piet Botha?
Piet Botha a lancé la chanson sur les albums “’n Suitcase vol winter” en 1997 et “Die Hits” en 2001.

Chansons les plus populaires [artist_preposition] Piet Botha

Autres artistes de