Kitty [Live]

Ek was nog baie myle weg
Van Leeudoringstad
Gerugte het my hierheen gebring
Maar dit was toe al wat dit was

In die Maroela Hotel het 'n vreemde vrou my vertel
Jou Mercedes Benz wat twee dae lank
Buite in die straat parkeer, jy't gesê jy kom weer
Maar niemand weet wanneer

Nou goed dan ry ek noorde toe na die grens, miskien is jy daar
Want sien ek het jou paspoort gesteel want ek was bang
Ek was bang dat jy wil gaan vêr oor die water heen
Oor die blou oseaan sonder om my te sê
Vêr in die wêreld Kitty is dit wat jy wil hê?

Die pastoor op DeWildt wou eers nie praat
Toe dreig ons hom met die Boek
Jy weet natuurlik jy't ook sy hart gesteel
Die arme man weet nie eers waar om te gaan soek

O die arme man was in sak en as
Al sy klere was geskeur
Hy't in vreemde tale gemymer
Iets vreesliks het hier gebeur

Ten minste weet ons nou jy was hier
Daar's orals tekens van jou weerlig en hael
En 'n reënboog of twee en die reuk van 'n vrou
Maar dis nie sommer enige girl

Dit moet julle onthou
Hierdie een kom met die sekelmaan
Hierdie een maak die lug blou
Hierdie een het al 'n leeu geskiet sonder 'n scope

Laat weet my groot 'seblief waar is jy nou?
Vêr in die wêreld Kitty is dit wat jy wil hê?
Vêr in die wêreld Kitty

Curiosités sur la chanson Kitty [Live] de Piet Botha

Quand la chanson “Kitty [Live]” a-t-elle été lancée par Piet Botha?
La chanson Kitty [Live] a été lancée en 2003, sur l’album “Live at the Nile”.

Chansons les plus populaires [artist_preposition] Piet Botha

Autres artistes de