Klein Bietjie Reen

As die wind en weer so oor die berg kom sweef
Sien ek jou weer so in my gees
Ja ons was kinders maar jy het altyd geweet
Wie jy wil wees

Nou en dan jou gesig gesien
As ek aan 'n tydskrif vat
Om en dom kom by die dokter aan
En daar lê De Kat

So aangesien so opgesmuk
Maar die make-up laat jou jonger lyk
Maar daar was altyd 'n bietjie reën in jou oë

Skielik het die son sy rug gedraai op jou
Waar sal jy gaan, wie sal jou vashou?
O my baby hoekom is jy so alleen?
O my baby altyd 'n bietjie reën

Ja die kinders word groot en die liefde gaan dood en die prokureur hy maak seker
Jy kry jou deel, sak vol geld en 'n klein kasteel
Wat uitkyk oor die see

Hulle sê dit was 'n thirty eight Smith en Wesson
Iemand hoor die geluid, roep die nagwag, hy sluit die deur oop hy vloek hardop uit en sê
Bel die polisie by Seepunt

Skielik het die son sy rug gedraai op jou
Waar sal jy gaan, wie sal jou vashou?
O my baby hoekom is jy so alleen?
O my baby altyd 'n bietjie reën

Maar more is jy weer in die nuus
Miskien op bladsy drie of vier
Miskien 'n foto, man staan by jou graf
En in sy hande, so drie hale
Wit angelier, wit angelier

Curiosités sur la chanson Klein Bietjie Reen de Piet Botha

Sur quels albums la chanson “Klein Bietjie Reen” a-t-elle été lancée par Piet Botha?
Piet Botha a lancé la chanson sur les albums “’n Suitcase vol winter” en 1997 et “Die Hits” en 2001.

Chansons les plus populaires [artist_preposition] Piet Botha

Autres artistes de