Warm Heuning
Ek het jou vanmore bekyk in jou tuin met die aarde in jou hand
Maar jy weet dit nie, maar daar is niemand anders soos jy
Dis weer somer, warm ek weet
En dit voel net soos gister
Jy asem my in, ek asem jou uit
Lag en dit kreun, warm heuning
Jy asem my in, ek asem jou uit
Lag en dit kreun, warm heuning
Daardie ander man, ja die een met die kruk met die reen in sy lyf
Hy’t nou gegroet maar dis ʼn helse verhaal
Hou my vas, hou my styf vas
Iemand het vir iemand betaal, ek het jou nou kom haal
Jy asem my in, ek asem jou uit
Lag en dit kreun, warm heuning
Jy asem my in, jy asem my uit
Lag en dit kreun, warm heuning
Vat en proe en ruik en lek en sluk
Warm heuning
Goud van kleur en ryk in geur
Warm heuning
Jy asem my in, ek asem jou uit
Dit lag en dit kreun, warm heuning
Jy asem my in, ek asem jou uit
Lag en dit kreun, warm heuning