Afrikaanse Medley

O bokkie ek wil jou hê
Waar die groubou vlaktes lê
Waar die bakgat somer winde saans jou uitnooi vir die dans

Waar die langlyf winde kil
Om die halfmes plant te krul
Waar die aai aai kraai sy eiers lê wil ek net eers loop sê

Dat aai, aai, die witborskraai vlieg verby en maak 'n draai
Aai aai die witborskraai het half pad mos toe omgedraai
Aai aai kom terug gewaai stuur die grootste een sy maai
Namaqualand roep om die brug hier kom hy op die wind se rug

Raai waar is aai aai
Die windjie waai vir aai aai
Sy gees en hart is vry, vry, oor lief en leed verby

Raai waar is aai aai
Die windjie waai vir aai aai
Sy gees en hart is vry, vry, oor lief en leed verby

Ek vra vir Tillie, maar Tillie sê sy wil'ie
Miskien wil haar sussie maar haar sussie is'ie lus'ie
Toe dink ek aan Vossie, maar Vossie is'ie los'ie
Ek smeek toe vir Hannie, maar Hannie sê sy kannie

Ek is stoksielalleen, stoksielalleen
Stoksielalleen op 'n Saterdagaand
Hier sit ek stoksielalleen, stoksielalleen
Stoksielalleen op 'n Saterdagaand

Maar ek wil dans, dans, dans
Kan 'n man dan nie, o dans, dans, dans
Tot my hemp uithang, ek wil dans, dans, dans
Kan 'n man dan nie ja more staan ek vroeg op, om vis te gaan vang

Simfonie van die veld op sy vinger klavier
‘n Lied in sy hart langs die Choberivier
Lied van die dagbreek die middag die nag
Die klinkklare klanke van ‘n jongman wat wag

Groot Okavango
Groot Okavango
Groot Okavango jy weet dat sy wag

Groot Okavango
Groot Okavango
Groot Okavango jy weet dat sy wag

Groot Okavango
Groot Okavango
Groot Okavango jy weet dat sy wag

Groot Okavango
Groot Okavango
Groot Okavango jy weet dat sy wag

Ek gaan julle nou 'n ding vertel maar julle moet nie treur
Dit was daar op oom Piet se plaas die ding daar het gebeur
Ek het my 'n witbroek mos laat pas daar onder by die sloot
En nou het hy so kwaai gekrimp hy's glad nie meer te groot

Die witbroek sit nie mooi nie die witbroek sit te styf
Die witbroek span o baie sleg om die rondings van my lyf
Die witbroek sit nie mooi nie want die witbroek het nie 'n plooi nie
Die witbroek sit nie nice nie want hy's nie die regte size nie

Boegoeberg se dam is ’n baie lekker dam
Dis daar waar die meisies hulle hare was en kam
Hulle harte is maar koud, maar hul sakke is vol goud
Ons gaan vir hulle vang daarby die Boegoeberg se dam

Boegoeberg se dam is ’n baie lekker dam
Dis daar waar die meisies hulle hare was en kam
Hulle harte is maar koud, maar hul sakke is vol goud
Ons gaan vir hulle vang daar by die Boegoeberg se dam
Ons gaan vir hulle vang daar by die Boegoeberg se dam
Ons gaan vir hulle vang daar by die Boegoeberg se dam

Chansons les plus populaires [artist_preposition] Pieter Smith

Autres artistes de Middle of the Road (MOR)