Ballade Medley

Ek ken 'n ou, ou liedjie
Van lewenswel en weë
Van lank-vergane skepe in
Die kelders van die see

Die woorde is vergete
En tog, die deuntjie draal
Soos vaag-onthoude grepies uit 'n baie ou verhaal

Van swerwers sonder rigting
Van soekers wat nooit vind
En eindelik was almal maar
Net kinders van die wind

Sag, sag blink jou oë
Uit jou gesig gloei liefdeslig
Knus, knus in jou arms
Heilig, veilig, warm

Ek het jou nodig hier by my heeldag
Die wêreld oorbodig ons twee 'n taakmag
Niks kan ons keer, want Hy's in beheer, Hy's ons weerman, stuurman, Leidsman

Sweef soos 'n arend want my liefde dra jou so hoog, ja hoog bo die son
Sweef soos 'n arend so vêr soos die wind waai my lief
Dis liefde se mag

Ek wonder wat van jou geword het?
Jy wat nog so by my spook
Ek weet net ons het die vuur gemaak
Die wêreld aan die brand gestook

Nou is die nagte soveel stiller
Die dae eis hul eie tol
Maar ons twee was die wilde wind se blare
Ons kaartjies lê die hele wêreld vol

Tussen treine
Tussen stasies
Lê daar basies net die leë spore (Leë spore)
Tussen treine
Tussen stasies
Lê die leë spasies van die onskuld nou verlore

Al lê die berge nog so blou
Al lê die berge nog so blou
Al lê die berge nog so blou
Haar woorde sal ek steeds onthou

Maar die moet julle darem weet
Maar die moet julle darem weet
Maar die moet julle darem weet
Haar woorde sal ek nooit vergeet

Al woon my bokkie nog so ver
Al woon my bokkie nog so ver
Al woon my bokkie nog so ver
Troos ek my aan die Môrester

Al lê die berge nog so blou (So blou)
Al lê die berge nog so blou (So blou)
Al lê die berge nog so blou
Haar woorde sal ek steeds onthou
Haar woorde sal ek steeds onthou

Waar's al daai waterblommetjies uit die Boland?
Waterblommetjies van die Kaap
Maak die bredie net soos in die wynland
En sê jy’s baie lief vir my voor jy gaan slaap
Maak die bredie net soos in die wynland
En sê jy’s baie lief vir my voor jy gaan slaap (Voor jy gaan slaap)

Chansons les plus populaires [artist_preposition] Pieter Smith

Autres artistes de Middle of the Road (MOR)