Die Spook Van David Rosekrans
Eendag toe ek nog jonk was toe sit ek in die kantien
Ek drink toe daar ‘n dop of twee en dit om kwaad te dien
Ek vra toe vir my maters om met my na die huis te gaan
Maar die pad loop langs die kerkhof en dit is ‘n donker maan
Maar niemand van my vriende wou toe saam gaan toe moes ek
Alleen verby die kerkhof gaan en dis ‘n nare plek
Ek loer toe eenslag links van my ‘n honderd spoke daar
En elkeen dra ‘n doodskis, o hul lyk tog al te naar
Die een ou spook was vet en die ander ou spook was maer
Hulle sit daar in die kerkhof saam, die hele lot bymekaar
Die een klomp skree ja ja (Ja ja)
En die ander klomp skree ho ho (Ho ho)
Hulle lyk so bleek daar in die maan, hulle wil my nie laat staan
Een van die spoke praat met my, toe val ek op my knie
Hy sê toe hy gelewe het toe seil hy oor die see
Hy was maar altyd een matroos, dit was so na sy sin
Maar waar hy nou vandaan af kom is die water al te min
Die ander ou spookie sê vir my hy was ‘n ou soldaat
Hy het nog nooit baklei nie maar hy weet om groot te praat
En eendag sê sy offisier hy moes na die oorlog gaan
Hy skrik toe so geweldig dat hy sommer dood neerslaan