Ou Kitaar

Skuif nog ‘n klein bietjie nader
Sit al jou sorge op sy
Voel jy die wind deur jou hare?
Skink maar nog een glasie wyn

Onthou jy die wysie en woorde?
Gedagtes versteek in ‘n kas
Hoor jy dit in die akoorde?
Stories van liefde wat was

Ou kitaar jou snare sing van jare lank verby
Ou kitaar jou snare bring haar oë terug na my
Ou kitaar vertel vir my van drome wat soms kwyn
Ou kitaar jou woorde bly vir altyd deel van my

Vertel my van kronkels en draaie
Vertel my van mense op reis
Vertel my van eindlose paaie
Vertel my van golwe wat druis

Vertel my van mense en helde
Van kleure wat dans in die reën
Vertel my van drome gekelder
Van harte verstoot en alleen

Ou kitaar jou snare sing van jare lank verby
Ou kitaar jou snare bring haar oë terug na my
Ou kitaar vertel vir my van drome wat soms kwyn
Ou kitaar jou woorde bly vir altyd deel van my

Sing van die bote wat slaap in die hawe
Sing van die stee waar die berge begrawe
Sing van die stede verlore met tyd
Woestyne en vlaktes verlate en wyd

Sing van die kranse van heuwels en klowe
Sing van beloftes wat somer belowe
Jy bly ‘n vriend deur die pyn en die seer
Jy bly ‘n vriend deur die wind en die weer

Ou kitaar jou snare sing van jare lank verby
Ou kitaar jou snare bring haar oë terug na my
Ou kitaar vertel vir my van drome wat soms kwyn
Ou kitaar jou woorde bly vir altyd deel van my
Ou kitaar jou woorde bly vir altyd deel van my
Altyd deel van my

Chansons les plus populaires [artist_preposition] Pieter Smith

Autres artistes de Middle of the Road (MOR)