Plettenbergbaai

As die stadsgedruis my nader
En die rustigheid my vrees
Dink ek aan ‘n plek waar ek weer ‘n mens kan wees

As die lewe hier te veel raak
En alles te vergeefs
Wens ek ek was weer by jou gewees

As die Kaapse see jou hart wil steel en sy winde om jou maai
En die pad wat ek verloor het weer na jou toe swaai
As die hemel see my ver weg neem en my na jou toe dra (En my na jou toe dra)
Verlang ek weer na jou Plettenbergbaai

Jou see is soos die hemel
Jou strande soos ‘n wolk
Onder jou dak het ek weer ‘n mens geword

Waar seemeeue die bote terg
Van Keurboomstrand tot by Robberg
Spoel jou blou water my sorge weg

As die Kaapse see jou hart wil steel en sy winde om jou maai
En die pad wat ek verloor het weer na jou toe swaai
As die hemel see my ver weg neem en my na jou toe dra (En my na jou toe dra)
Verlang ek weer na jou Plettenbergbaai
Verlang ek weer na jou Plettenbergbaai

Sal bote onder sekelmaan
Voorbeeken al geanker staan
Eendag in die stad my weer kom haal?

As die Kaapse see jou hart wil steel en sy winde om jou maai
En die pad wat ek verloor het weer na jou toe swaai
As die hemel see my ver weg neem en my na jou toe dra (En my na jou toe dra)
Verlang ek weer na jou Plettenbergbaai
Verlang ek weer na jou Plettenbergbaai (Verlang ek weer)
Verlang ek weer na jou Plettenbergbaai

Chansons les plus populaires [artist_preposition] Pieter Smith

Autres artistes de Middle of the Road (MOR)