Al Is Ons Twee Dan Anders
Ek hou van herfs
Jy van die lente
Ek van die Kaap
Jy van Natal
Ek hou van reën
Jy van die sonskyn
Maar meer as ooit
Hou ek van jou
Al is ons twee dan anders, al is ons man en vrou
Is dit miskien die rede hoekom ek so van jou hou
Jy's mal oor herfs se kleure, maar die lente is vir my
Verbonde aan mekaar maar tog ook vry
Ek hou van daglig
Jy van die skemer
Hou van die klowe
Jy van die see
Ek soek na stilte
Jy na die lewe
Ek skryf gedigte
Jy lees die koerant
Al is ons twee dan anders, al is ons man en vrou
Is dit miskien die rede hoekom ek so van jou hou
Jy's mal oor herfs se kleure, maar die lente is vir my
Verbonde aan mekaar maar tog ook vry
Ek is onrustig
Jy wag vir ure
Ek hou van Julie
Jy hou van Mei
Ek glo in nou
Jy leef in drome
Ek hou van jou
En dit gaan nooit verby