Bartlomeu Dias

Die seilskip St. Christopher
Met kaptein Bartolomeu
Vaar langs die woeste kus van Afrika
In die naghemel wink
Vreemde sterre so blink
Ons voel verlore, ver van Portugal

Hy's nou die seile hoog
Tuur met jou seeman's oog
Waar is die Kaap, waar's die eindpunt van Afrika?
Laat ons terugdraai
Na 'n vriendelike kaai
Bartolomeu Dias, ons wil huistoe gaan

By Walvisbaai verby
Geen Kaap kon ons nog kry
Die stormwinde waai ons by Kersfees verby
Die Nuwe Jaar gee
Net meer son en meer see
Ons voel verlore, ver van Afrika

Hy's nou die seile hoog (Hy's nou die seile hoog)
Tuur met jou seeman's oog (Tuur met jou seeman's oog)
Waar is die Kaap, waar's die eindpunt van Afrika
Laat ons terugdraai
Na 'n vriendelike kaai
Bartolomeu Dias, ons wil huistoe gaan

Ooswaarts het ons gedraai
Geland by Mosselbaai
Die klipkruis geplant op die bodem van Afrika
Nog drie dae Oos
Die bemanning word boos
Bartolomeu Dias, ons moet huistoe draai

10 jaar is lank verby
Maar Indië moet hy nog kry
Met Da Gama, vaar hy weer om Afrika
Maar die Kaap van storms
Het sy geweld laat geld
En Bartolomeu Dias, sterf by Afrika

Hy's nou die seile hoog (Hy's nou die seile hoog)
Tuur met jou seeman's oog (Tuur met jou seeman's oog)
Waar is die Kaap, waar's die eindpunt van Afrika?
Nooit sal jy verhuis
Van die Suiderkruis
Bartolomeu Dias, rus by Afrika

Curiosités sur la chanson Bartlomeu Dias de Carike Keuzenkamp

Quand la chanson “Bartlomeu Dias” a-t-elle été lancée par Carike Keuzenkamp?
La chanson Bartlomeu Dias a été lancée en 2009, sur l’album “Ek Sing”.

Chansons les plus populaires [artist_preposition] Carike Keuzenkamp

Autres artistes de Middle of the Road (MOR)