Buite Speeltyd

Daar by die skool het ons 'n lekker tyd, ons leer van alles wyd en suid
Juffrou leer ons slim te wees, ons luister as sy stories lees
Ons doen ons takies elke dag, gesels met maatjies, speel en lag
Eet ons kossies etenstyd, ons almal help met opruim tyd

Ons doen ons werkies in die klas, ons teken en verf met 'n kwas
Knip en plak en ryg met tou, ons hou van bak en brou
Bou legkaarte van elke soort en bou met blokkies klein en groot
Vinger verf en speel met klei, maar buite speel bly die beste vir my

Ons klim en klouter huppel en skop
Ons spring en gly ons hasie hop
Ons hoela-hoop en apie swaai
Ons hardloop rond en maak lawaai

Ons klim en klouter huppel en skop
Ons spring en gly ons hasie hop
Ons hoela-hoop en apie swaai
Ons hardloop rond en maak lawaai

Juffrou leer ons van die weer, ons ken die dae van die week
Tel ons vingers een tot tien, ons leer 'n rympie een twee drie
Ons ken ook nou al elke kleur, al die vorms tot 'n vlieër
Juffrou leer ons hard en sag, van kort en lank van hoog en laag

Ons hou van liedjies saam te sing, ons klap en dans so in 'n kring
Op elke noot maak ons musiek, ja dis wat ons geniet
Ons speel met diere op die mat, ons ry met karretjies op en af
Poppe word getittewy maar almal hou van buite speel tyd

Ons klim en klouter huppel en skop
Ons spring en gly ons hasie hop
Ons hoela-hoop en apie swaai
Ons hardloop rond en maak lawaai

Ons klim en klouter huppel en skop
Ons spring en gly ons hasie hop
Ons hoela-hoop en apie swaai
Ons hardloop rond en maak lawaai

Curiosités sur la chanson Buite Speeltyd de Carike Keuzenkamp

Quand la chanson “Buite Speeltyd” a-t-elle été lancée par Carike Keuzenkamp?
La chanson Buite Speeltyd a été lancée en 2009, sur l’album “Carike & Ghoempie Kuier Saam Met Ghoeghoe In Kinderland 6”.

Chansons les plus populaires [artist_preposition] Carike Keuzenkamp

Autres artistes de Middle of the Road (MOR)