Dit Reen In Tsitsikamma

In Knysna leef verhale voort uit Tsitsikamma woud
Van mense uit 'n vroeë tyd, legendes eeue oud
Die mense van die Knysna woude praat hul eie taal
'n Vreemdeling verstaan soms nie die woudreus se verhaal

Dit reën in Tsitsikamma as stilte sagte reën vra
Tot in die hart van Knysna, dit reën in Tsitsikamma
Die geur van varingblare gemeng met mos deur jare
'n Sprokiesland dis Knysna, dit reën in Tsitsikamma

Daar's paadjies wat tot diep diep in die Knysna bosse lei
'n Woud gehul in skaduwee waar sonlig buite bly
Die Grootvoete van Knysna bos is oral oor bekend
Want Langenhoven en Matthee het hulle goed geken

Dit reën in Tsitsikamma as stilte sagte reën vra
Tot in die hart van Knysna, dit reën in Tsitsikamma
Die geur van varingblare gemeng met mos deur jare
'n Sprokiesland dis Knysna, dit reën in Tsitsikamma

Dit reën in Tsitsikamma as stilte sagte reën vraë
Tot in die hart van Knysna, dit reën in Tsitsikamma
Die geur van varingblare gemeng met mos deur jare
'n Sprokiesland dis Knysna, dit reën in Tsitsikamma

Chansons les plus populaires [artist_preposition] Carike Keuzenkamp

Autres artistes de Middle of the Road (MOR)