Dorstyd
Oom Jan sny koring op die land
Dis geel en lyk soos goud
Hy tel sy sente oor en oor
As hy die dorsmasjien hoor
Lekker sjakka sjakka doef
Ghwarra doef soef doef
Lekker sjakka sjakka doef soef doef
En die koring rol en die sakke word vol en ons oompie glimlag breed
O Tiereta
O Tiereta
Die tannie met die kappie bring sy koffie na die land
Bring sy koffie na die land

Ag dankie, vrou, gee tog maar gou
Ons oes is nie te sleg
Jy kan vir Koosman klere koop
Vir jou ‘n nuwe kerkhoed
Lekker sjakka sjakka doef
Ghwarra doef soef doef
Lekker sjakka sjakka doef soef doef
En die koring rol en die sakke word vol en ons oompie glimlag breed
O Tiereta
O Tiereta
Dis dorstyd in die Bosveld en die koringkies lyk mooi
Aai die boere is so bly