Gebed

Laat my nooit die grond verlaat nie
Laat my in U skadu bly
Gee dat elke aardse vreugde en vrees
Eind'lik nietig word vir my

Elke afdraai padjie ken ek
Elke keer het ek gedwaal
Elke keer het U my iewers kom haal
Maak dit Heer die laaste maal

Elke dag is 'n gedagte
Elke kamer net gehuur
Elke aardse droom van rykdom en roem
Bloot net 'n skadu teen die muur

Want, wat ek is, is net genade
Wat ek het is net geleen
Eint'lik smag ek na U waters van rus
Lei my Heer vanaand daarheen

Wat ek is, is net genade
Wat ek het is net geleen
Eint'lik smag ek na U waters van rus
Lei my Heer vanaand daarheen

Lei my Heer vanaand daarheen

Chansons les plus populaires [artist_preposition] Carike Keuzenkamp

Autres artistes de Middle of the Road (MOR)