Hondsalon

In Santon City is 'n hondsalon, diamante skitter in die môre son
Die hare blink en opgekam, sterte styf en neuse klam
Kyk wie't die poedel ingebring, diamente aan die vingerring
Karre blink in die môre son, neus in die lug by die hondsalon

Wie, wie is wie
Kyk maar rond en bont
Wie, wie is wie
Wie's baas en wie's die hond

Wie, wie is wie
Kyk maar rond en bont
Wie, wie is wie
Wie's baas en wie's die hond

Oral waar jy ook al kyk, gaan 'n hond net soos sy baas soms lyk
Die ou jong nooi se skootbrak wat heeldag na sy asem snak
Die onvriendelike rykmans vrou, piekinies hondjie aan 'n tou
Ongeskikte boer op die stoel en langs hom knor sy vris boerboel

Wie, wie is wie
Kyk maar rond en bont
Wie, wie is wie
Wie's baas en wie's die hond

Wie, wie is wie
Kyk maar rond en bont
Wie, wie is wie
Wie's baas en wie's die hond

Hul sê jou hond is jou beste vriend, kameraadskap wat jou bind
Maar dis hy wat buurman wakker blaf, en oral in die strate draf
Op die sypaadjie los hy sy merk
En hy hinder die posman in sy werk

Wie, wie is wie
Kyk maar rond en bont
Wie, wie is wie
Wie's baas en wie's die hond

Wie, wie is wie
Kyk maar rond en bont
Wie, wie is wie
Wie's baas en wie's die hond

Wie's baas en wie's die hond
Wie's baas en wie's die hond

Curiosités sur la chanson Hondsalon de Carike Keuzenkamp

Quand la chanson “Hondsalon” a-t-elle été lancée par Carike Keuzenkamp?
La chanson Hondsalon a été lancée en 2011, sur l’album “Carike & Ghoempie Kuier Saam Met Ghoeghoe In Kinderland 8”.

Chansons les plus populaires [artist_preposition] Carike Keuzenkamp

Autres artistes de Middle of the Road (MOR)