Kalie Kieterkat

My naam is Kallie Kieterkat en ek woon net hier in die grootte stad
Dis waar ek bly
Ek is die haan van Eikelaan en kieterkat voer ek die naam, o ja
Ek kan nie kla

En al die katte nooiens sing
Van al die soentjies wat ek bring
Ek hou van Kietsie en Colette
En as ek in die straat af stap dan weet ek watter nooi ek het

My naam is Kallie Kieterkat en ek dra elke dag my Sondag-pak
Dan lyk ek mooi
My snorbaard staan van hier tot daar, ek is 'n volbloed kieterkat dis waar
Ek kan nie kla

En al die katte nooiens sing
Van al die soentjies wat ek bring
Ek hou van Kietsie en Colette
En as ek in die straat af stap dan weet ek watter nooi ek het

My naam is Kallie Kieterkat en as dit reën dan word ek baie nat
Dis baie naar
Ek's koning in my pa se huis, ek's groot gevaar vir elke muis, o ja
Ek kan nie kla

Kallie Kieterkat
Kallie Kieterkat

Chansons les plus populaires [artist_preposition] Carike Keuzenkamp

Autres artistes de Middle of the Road (MOR)