Klein Strand Kafeetjie By Die Hawe

Die aandskemer val oor die huisies en strate van Vishoek tot ver oor Valsbaai
Die hortjies voor elke klein venster word dig toegetrek om die wind uit te hou
Die mis oor die see trek al nader en vou soos 'n wolkombers toe oor die strand
Die vuurtoring eenkant by Simonstad begin oog knip tot by Gordonsbaai

Daar in die klein strand kafeetjie by die hawe
Daar waar die wind saggies sproei op my wang soen
Daar in die klein strand kafeetjie by die hawe
Daar het ek jou skrams vandag
Weer gesien

Die visser bote sy aan sy ingeryg met die reuk van die see om die boeg
En ver oor die baai flikker liggies van die wat die vangs vinnig laat terugbring
Toeriste en verliefde paartjies sit plek-plek, gesels met hul tone in die sand
Die mis oor die see sak oor strate en huisies van Vishoek tot ver oor Valsbaai

Daar in die klein strand kafeetjie by die hawe
Daar waar die wind saggies sproei op my wang soen
Daar in die klein strand kafeetjie by die hawe
Daar het ek jou skrams vandag
Weer gesien

Daar in die klein strand kafeetjie by die hawe
Daar waar die wind saggies sproei op my wang soen
Daar in die klein strand kafeetjie by die hawe
Daar het ek jou skrams vandag
Weer gesien

Daar in die klein strand kafeetjie by die hawe
Daar waar die wind saggies sproei op my wang soen
Daar in die klein strand kafeetjie by die hawe
Daar het ek jou skrams vandag
Weer gesien

Daar het ek jou skrams vandag
Weer gesien

Curiosités sur la chanson Klein Strand Kafeetjie By Die Hawe de Carike Keuzenkamp

Quand la chanson “Klein Strand Kafeetjie By Die Hawe” a-t-elle été lancée par Carike Keuzenkamp?
La chanson Klein Strand Kafeetjie By Die Hawe a été lancée en 2009, sur l’album “Net Een Soos Jy”.

Chansons les plus populaires [artist_preposition] Carike Keuzenkamp

Autres artistes de Middle of the Road (MOR)