Lelike Eendjie

Die eend die sukkel op haar nes, een eier is groter as die res
Waar kom jy aan hom vra haar maats en staan verstom

Toe later kom die eendjies uit, een vir een uit hul doppe uit
Maar ma eend moes nog wag vir die groot eier vir nog 'n dag

Pa het amper sy nek verstuit toe die laatlam uit sy groot dop uit kruip
Kyk wat het ons hier, die arme, arme dier

Lelike eendjie in die ry, waar gaan jy eendag liefde kry
Die diere spot ook saam, in sy ogie lê 'n traan
Lelike eendjie in die ry, jou beentjies lyk te kort vir my
En waar kom jy vandaan, lag sy boeties almal saam

Toe die eendjie by die water kom skrik die visse hulle dood vir hom
En die slang wat in die lang gras bly, tel sy bene op en draf verby

Die eend besluit om weg te loop, maar die wêreld is so baie groot
Daar's soveel gevaar, daar's 'n kat wat hom gewaar

Lelike eendjie in die ry, waar gaan jy eendag liefde kry
Die diere spot ook saam, in sy ogie lê 'n traan
Lelike eendjie in die ry, jou beentjies lyk te kort vir my
En waar kom jy vandaan, lag sy boeties almal saam

Dit word winter en die eend kry koud, hy's honger in die donker woud
Na 'n maand wil hy weer huis toe gaan en hy volg die pad van die sekelmaan

By die huis gekom staan die mense stom, hul bekke hang en hy vra hoekom
Kyk jy's dan 'n swaan, sing die diere almal saam

Lelike eendjie in die ry, jy is die mooiste ooit vir my
Jy's pragtig jy's 'n swaan, jy't die mooiste vere aan
Lelike eendjie is jy nie, 'n mooier voël die kry jy nie
Kyk die mooi kalant, op die silwer waterrant

Curiosités sur la chanson Lelike Eendjie de Carike Keuzenkamp

Quand la chanson “Lelike Eendjie” a-t-elle été lancée par Carike Keuzenkamp?
La chanson Lelike Eendjie a été lancée en 2011, sur l’album “Carike & Ghoempie Kuier Saam Met Ghoeghoe In Kinderland 8”.

Chansons les plus populaires [artist_preposition] Carike Keuzenkamp

Autres artistes de Middle of the Road (MOR)