Liewe Heksie

Wie is Liewe Heksie?
Wie wil nog graag weet?
Luister na haar liedjie
Dan sal jul nie vergeet

Hulle noem my Liewe Heksie
Maar Lafienja is my naam
Ek's die slimste heksie wat ek ken
En ek was al op die maan

Mattewis is my maatjie
Hy's die mooiste baba kat
Ek weet nie wat hy sê nie
Maar hy's 'n liewe skat

Waar woon Liewe Heksie?
En hoe lyk haar huis?
Waar al haar vriende saam kom
In haar sterretjies kombuis

Ek en Blommie kabouter
Woon in Blommeland so mooi
As 'n gifappel die silwer roos wil vat
Word hy in die tronk gegooi

Ons het 'n vriend so deftig
Wat kom kuier uit die stad
Hy't 'n kuil en 'n helikopter
En sy naam is Karel kat

Ons het 'n gawe koning
Al kan hy vir ons brom
Sy naam is koning Rosekrans
En ons is lief vir hom

Nou ken jul Liewe Heksie
Die wat graag wil weet
Jul ken nou ook haar liedjie
En sal dit nie vergeet

Haai oe Blommie

Curiosités sur la chanson Liewe Heksie de Carike Keuzenkamp

Quand la chanson “Liewe Heksie” a-t-elle été lancée par Carike Keuzenkamp?
La chanson Liewe Heksie a été lancée en 2011, sur l’album “Carike & Ghoempie Kuier Saam Met Ghoeghoe In Kinderland 8”.

Chansons les plus populaires [artist_preposition] Carike Keuzenkamp

Autres artistes de Middle of the Road (MOR)