Mielie Malie Maantuig
Mielie boerseun lanseer sy maantuig wat kom van 'n groot mieliestronk
Van ver af hoor jy sy dreunende ruimtuig in die ruimte vlieg hy in die ront
Hy soek avontuur daar doer in die ruimte ver weg van die stad se geruis
Na sterre daar doer in die verste verte in sy maantuig voel hy tog so tuis
Mielie Malie Maantuig ver in die ruimte so vry
Mielie Malie Maantuig llaneet tot planeet sal jy gly
Vriende soek jy in die buitenste ruimte, die vraag is waar gaan jy hul vind
Groen mensies met lang ore en lang sterte wil jy met die aarde verbind
Mielie Malie Maantuig ver in die ruimte so vry
Mielie Malie Maantuig planeet tot planeet sal jy gly
Mielie Malie Maantuig ver in die ruimte so vry
Mielie Malie Maantuig planeet tot planeet sal jy gly
Dink jy daar is 'n man in die maan of 'n groot pot goud op die son
Sal dit uitvind as jy daar land of kom jy maar weer terug na die grond