Nee, Nee, Nee
As jy van die skool af stap en iemand kom verby
En jy ken hom nie goed nie en hy vra jou om saam te ry
Sê nee, nee, nee, nee, my ma wag net hier voor
En hardloop vinnig weg na 'n winkel of kantoor of die naaste huis daarvoor
Want in ons land vol sonskyn is daar kinders wat verdwyn
So loop tog nooit alleen nie want jy is baie klein
En als wat al gebeur het vertel dit vir jou ma
Vertel dit vir jou juffrou, of sommer vir jou pa
Want hulle's baie lief vir jou jy kan hulle vertrou
Moet niemand vreemd vertrou nie al sê hy mamma weet
En as hy vir jou lekkers gee dan moet jy dit nie eet

Sê net nee