Nommers

Een, twee, drie, vier, vyf en ses
Een, twee, drie, vier, vyf en ses
Sewe, agt en nege, tien, nommers in die rondte

Een, een, een, een, vertel my tog van nommer een
Daar's net een son in die lug wat skyn op ons ou aarde
Twee, twee, twee, twee, vertel my tog van nommer twee
Almal het twee voete, behalwe drie-poot kookpot

Drie, drie, drie, drie, vertel my nou van nommer drie
Boetjie het 'n drie wiel fiets maar die ding is sonder wiele
Vier, vier, vier, vier, vertel my dan van nommer vier
Daar's vier weke in 'n maand, 'n maand het net vier weke

Vyf, vyf, vyf, vyf, vertel my meer van nommer vyf
Vyf dae gaan ons lekker skool, dis amper nes vakansie
Ses, ses, ses, ses, vertel my tog van nommer ses
Ses eiers kry jy in 'n nes, dis 'n half dosyn

Sewe, sewe, vertel my dan van nommer sewe
Sewe dae in 'n week en dit is nie te lank nie
Agt, agt, agt, agt, vertel my meer van nommer agt
Agt bene het 'n spinnekop, 'n mens het maar net twee

Nege, nege, vertel my dan van nommer nege
Nege maatjies kom vandag want ek hou mos partytjie
Tien, tien, tien, tien, vertel vertel van nommer tien
Tien tone aan my voete, my hande het tien vingers

Een, twee, drie, vier, vyf en ses
Een, twee, drie, vier, vyf en ses
Sewe, agt en nege, tien, nommers in die rondte

Chansons les plus populaires [artist_preposition] Carike Keuzenkamp

Autres artistes de Middle of the Road (MOR)