Sal Jy Dit Glo

In 'n land van sneeu in 'n land van ys, in 'n ronde kommetjie spierwit huis
Sal jy dit glo, sal jy dit glo
Daar woon die Eskimo

Waar niemand ooit 'n mielie saai, waar die wind aanhoudend yskoud waai
Sal jy dit glo, sal jy dit glo
Daar woon die Eskimo

Daar sit hy in sy ys kajuit, eers kruip hy in dan kruip hy uit
Sonder boek of telefoon, bedek met pels van kop tot toon

Waar die wolwe buite lelik tjank en die nagte duur vir maande lank
Sal jy dit glo, sal jy dit glo daar woon die Eskimo

Hy vang vis en hy eet dit gou, sonder om te kook, dis baie lekker rou
Gee hom koek, nee dis verniet, 'n groot stuk spek sal hy geniet

Waar die see hond blaf en die rendier beef, waar die walrus swem waar die ysbeer leef
Sal jy dit glo, sal jy dit glo
Daar woon die Eskimo

Chansons les plus populaires [artist_preposition] Carike Keuzenkamp

Autres artistes de Middle of the Road (MOR)