Soetfontein

My hart is weer op Soetfontein
'n Plek waarna ek steeds verlang
Waar die lewe nog 'n mens verstaan
En alles gaan nog net hul gang

Ek sien net hoe die dag ontwaak
Die sleepmis wat die son gaan haal
Hoe die muile in die oggendson
Die eerste oes se koring maal

Soetfontein is die plek waar my hart verdwaal
Als wat ek het, wat ek is het ek daar gaan haal

My lewensgeluk
Op Soetfontein gepluk
Soetfontein 'n plasie klein is waar ek droom (Waar ek droom)

Ek staan en wonder of die huis nog staan
Onder die bloekomboom
Ek hoor nog elke krakie van die waterwiel
Wat water skep daar by die stroom

Ek kuier weer my bure in die bo vallei
Die koffie word nog steeds gemaal
Dit is my wêreld dit is my kontrei
Se heimwee wat vir my kom haal

Soetfontein is die plek waar my hart verdwaal
Als wat ek het, wat ek is, het ek daar gaan haal

My lewensgeluk
Op Soetfontein gepluk
Soetfontein 'n plasie klein is waar ek droom (Waar ek droom)

Soetfontein is die plek waar my hart verdwaal
Als wat ek het, wat ek is het ek daar gaan haal

My lewensgeluk
Op Soetfontein gepluk
Soetfontein 'n plasie klein is waar ek droom (Waar ek droom)

Curiosités sur la chanson Soetfontein de Carike Keuzenkamp

Quand la chanson “Soetfontein” a-t-elle été lancée par Carike Keuzenkamp?
La chanson Soetfontein a été lancée en 2009, sur l’album “Ek Sing”.

Chansons les plus populaires [artist_preposition] Carike Keuzenkamp

Autres artistes de Middle of the Road (MOR)