Spitter Spetter Spat

O, die reën knetter op die sinkdak en val af op die grond
Dit spitter en spat en word poeletjies en dit is my gunsteling klank

Spitter spetter spat ek word nat, die reën is o so wonderlik
Spitter spetter spat maak jou baadjie vas, bring jou sambreel en jou reënjas saam

En as die reën weer opklaar en die son begin te skyn
Dan droog dit al die water op en dit styg op in die lug

En die wolke vorm bo wat groei en groei en groei
Hulle word te groot om in die lug te hang en julle weet wat dan gebeur

Spitter spetter spat, ek word nat, die reën is o so wonderlik
Spitter spetter spat, maak jou baadjie vas, bring jou sambreel en jou reënjas saam

Ja, die reën val weer op die sinkdak en rol af op die grond
Dit spitter en spat en vorm poeletjies en ek hoor weer my gunsteling klank

Spitter spetter spat, ek word nat, die reën is o so wonderlik
Spitter spetter spat, maak jou baadjie vas, bring jou sambreel en jou reënjas saam

Spitter spetter spat, ek word nat, die reën is o so wonderlik
Spitter spetter spat, maak jou baadjie vas, bring jou sambreel en jou reënjas saam

Chansons les plus populaires [artist_preposition] Carike Keuzenkamp

Autres artistes de Middle of the Road (MOR)