Tel Jou Seeninge

As die lewensstorme woedend om jou slaan
En jy gans ontmoedig vrees om te vergaan
Tel jou seëninge tel hul een vir een
En jy sal verbaas wees oor wat God verleen

Tel jou seëninge een vir een
Seëninge jou deur God gegee
Tel hul almal, kyk wat God verleen
En jy sal sal verbaas wees oor wat God jou gee

As jy ooit gebuk gaan onder sorg en pyn
As die kruis te swaar word en jou krag te klein
Tel jou seëninge dan vlug twyfel heen
En jy sien God's goedheid laat jou nooit alleen

Tel jou seëninge een vir een
Seëninge jou deur God gegee
Tel hul almal, kyk wat God verleen
En jy sal sal verbaas wees oor wat God jou gee

As jy let op ander met hul goud en eer
Dink dan God beloof jou nog oneindig meer
Tel jou seëninge weet dat prag en praal
Nooit die minste van die hemel kan behaal

Tel jou seëninge een vir een
Seëninge jou deur God gegee
Tel hul almal, kyk wat God verleen
En jy sal sal verbaas wees oor wat God jou gee

Laat dan al die styd, die kruis, die bange nood
Jou tog nie ontmoedig, God se trou is groot
Tel jou seëninge, engle staan jou by
Bied jou hulp en leiding na die ander sy

Tel jou seëninge een vir een
Seëninge jou deur God gegee
Tel hul almal, kyk wat God verleen
En jy sal sal verbaas wees oor wat God jou gee

Chansons les plus populaires [artist_preposition] Carike Keuzenkamp

Autres artistes de Middle of the Road (MOR)