Vat Jou Goed En Trek Ferreira
Kyk ou Oompie Jan Ferreira loop en brom
Want van al die perdry is sy bene krom
En waar jy jou ookal sien kan jy glo hy't kwaad gedoen
Al die kinders drom daar saam en sing vir hom
Vat jou goed en trek, Ferreira
Jannie met die hopel been
Agter die bos is 'n klompie perde
Vat jou goed en trek
Swaar dra, al aan die een kant
Swaar dra, al aan die een kant
Swaar dra, al aan die een kant
Vat jou goed en trek
Maar die kinders van die dorp is bang vir hom
Want hy sê as hul alleen is gaan hy kom
En die tannies word so kwaad want met hom het hul geen raad
En hy kan homself so maklik goed vermom
Vat jou goed en trek, Ferreira
Jannie met die hopel been
Agter die bos is 'n klompie perde
Vat jou goed en trek
Swaar dra, al aan die een kant
Swaar dra, al aan die een kant
Swaar dra, al aan die een kant
Vat jou goed en trek
By die kerk bazaar het hy al mok gemaak
Al die perde van die spiders losgemaak
En toe al die mans laat spat ken sy self die hasepad
Want hy weet daar's dinge vir hom warm raak
Al die boere hou toe raad en voel soos een
Hierdie vabond moet nou gaan met sy krom been
Wie nie hoor nie moet maar voel gooi hom uit met pet en stoel
Op sy perd vertrek hy met 'n laaste kreun
Vat jou goed en trek, Ferreira
Jannie met die hopel been
Agter die bos is 'n klompie perde
Vat jou goed en trek
Swaar dra, al aan die een kant
Swaar dra, al aan die een kant
Swaar dra, al aan die een kant
Vat jou goed en trek