Vroue
Vroeg elke môre uit die vere
My dag het pas begin
Nou's dit kinders en dis kos en dis klere
Daar's nie tyd om te besin
Ma moet mos weet waar is alles
Waar almal in die na soek
Vir die kinders is dit ma by wie almal kom kla en die vrae van die lewe kom vra
Vroue van so amper by die veertig jaar
Wat ook net so af en toe verjaar
Tel daardie plooie, ses, agt, tien
Maak net baie seker dat niemand jou sien
Vanoggend gaan ons oefen vir die vale
Al daardie rolletjies moet waai
Dan nog gou 'n plan maak met die hare
En 'n tydskrif deur te blaai
Vanmiddag moet ek rondry met die kinders
En vanaand moet die ete nog klaar
Vir die kinders is dit ma by wie almal kom kla en die vrae van die lewe kom vra
Vroue van so amper by die veertig jaar
Wat ook net so af en toe verjaar
Tel daardie plooie, ses, agt, tien
Maak net baie seker dat niemand jou sien
In die middel van die nag word ek wakker
Om my gedagtes deur te soek
Selfs 'n dokter, onderwyser of 'n bakker
Leer tog nie alles in 'n boek
Die pligte en plesiere van 'n vrou wees
Wil ek tog nie regtig verruil
Vir die kinders is ek ma by wie almal kom kla en die vrae van die lewe kom vra
Vroue van so amper by die veertig jaar
Wat ook net so af en toe verjaar
Tel daardie plooie, ses, agt, tien
Maak net baie seker dat niemand jou sien
Vroue amper veertig, nee vyf-en-dertig, miskien so bietjie jonger
Miskien so dertig, dalk tog vyf-en-dertig, ag maak tog nie saak nie
Vroue van so amper by die veertig jaar
Wat ook net so af en toe verjaar
Tel daardie plooie, ses, agt, tien
Maak net baie seker dat niemand jou sien
Tel daardie plooie, ses, agt, tien
Maak net baie seker dat niemand jou sien